0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (4)
  • R100 - R250 (10)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 14 of 14 matches in All Departments

Op Ver Paaie (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Op Ver Paaie (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Die "ver paaie" in hierdie teks (wat in 1949 vir die eerste keer verskyn het) verwys na 'n reis wat die vertellende P.J. Schoeman deur die Kaokoveld in Suidwes-Afrika onderneem het. Deur die soektog na 'n wilde perd ontwikkel die reis egter in 'n verkenning van die gees en word die uiterlike gebeure met die romantiese verlange en die strewe na 'n onvervulde droom verbind.

Waar Ver Winde Waai (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Waar Ver Winde Waai (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R186 Discovery Miles 1 860 Ships in 4 - 8 working days

Dit is die hemelgod, Xamab, se voorvinger wat vir ons wys om om te draai. ”Miskien moes Johan en Bulman na Kalimbo se profetiese woorde geluister het voordat hulle Kowares saam met hul Amerikaanse vriende aangedurf het. Vandat Jack, ’n fotograaf, en sy geselskap op Kowares aankom, tref die een ongeluk na die ander die groep. Gelukkig is Johan en Bulman ervare jagters en natuurkenners en kan hulle op die spoorsnyer, Kalimbo, se fyn gehoor en kennis van die veld en diere staatmaak. Maar is dit genoeg om hulle teen die ongenaakbare Afrika te beskerm? Boonop is die pragtige Penny, Jack se dogter, in ’n baie moeilike situasie. Want hoe verduidelik sy aan Bulman dat haar hart aan Johan behoort? En sal Johan ooit sy swerwershart ten volle vir haar oopmaak? Waar ver winde waai vertel die verhaal van ’n klein groepie mense wat deur hul ontmoeting met mekaar vir ’n kort rukkie van die groot eensaamheid kan ontsnap, maar uiteindelik leer dat Afrika altyd die laaste se het.

Inspring, Kerels! (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Inspring, Kerels! (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Oom Fanie se plaas het te klein geword vir al sy seuns en vir Martiens en Piet, die twee oudstes, was dit tyd om uit te spring en hulle eie potjie te gaan krap. Nou moet hulle hul eie plaas van die grond af opbou, paaie en kampe aanle, opstalle bou en heelwat uitdagings trotseer. Gelukkig is hulle nie alleen nie: 'n Vriendelike sersant genaamd oom Lafras en sy regterhand Phefeni gaan kom aftree op die plaas. Maar sal die leeu wat elke nag sy teenwoordigheid bekend maak, vir hulle een uitdaging te veel wees?

Op Die Groot Spore (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Op Die Groot Spore (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Die ekspedisie beweeg deur ’n deel van Zoeloeland wat nog ongerep en vol gevare is. Hy beleef hoe Siba die hoofindoena en sy Zoeloekrygers die magtige buffel, leeu en renoster baasraak met hul assegaaie en slim aanvalstaktiek. Sy paaie kruis met die sluwe toordokter Sontaba en sy handlanger Jalimane en hy maak ook kennis met die reusewaterdier, die onanabahule, wat in die diep, donker kuile skuilhou. Tydens hierdie onvergeetlike avontuur ontwikkel vriendskappe en wedersydse respek tussen die jagter en Siba en sy krygers. Hy kry ook ’n insiggewende blik op ’n Zoeloekultuur en -gewoontes wat reeds begin verdwyn. Later ontmoet die jagter Nobiyane, ’n ou Zoeloefilosoof, wat hom, deur sy wedervaringe met hom te deel, vaderlik tot by “die groot spore” lei – daar waar die lewe sin kry.

Jagters Van Die Woestynland (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Jagters Van Die Woestynland (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R65 Discovery Miles 650 Ships in 4 - 8 working days

Twihi, “kind van die winde” is oud genoeg om ’n man te kry. Haar pa Xameb wil haar spore vir die jagters van die woestynland gaan wys. Want by die Boesmans “sien jy ’n vrou mooiste aan haar spore”.

Wat gebeur wanneer Twihi nie tussen twee mans kan kies nie? Die twee jagters dans die dans van die dood.

In Jagters Van Die Woestynland is Twihi en Xameb die mondstukke van die swerwers van die woestynland.

Xameb vertel van die wette van die Heikum-Boesmanstam. Hy vertel van die wette van die grafte, en van die wet dat ’n Boesmanseun eendag ’n vader moet word. Twihi vertel stories met onveranderlike waarhede oor die dogters van die aarde. Maar selfs haar stories is nie altyd genoeg om die sluier te lig oor die hart van ’n vrou nie. Is daar ’n man wat kan sê watter winde daar saans deur die hart van ’n vrou waai?

Die Swerwerjagter (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Die Swerwerjagter (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R59 Discovery Miles 590 Ships in 4 - 8 working days

Afrika is ’n plek vol swerwersiele. In die versameling stories van P.J. Schoeman word hierdie swerwerfigure se stories vertel. Die bekroonde skrywer P.J. Schoeman, wat op sy dag ook veldwagter was, het in sy leeftyd 'n rits jeugboeke die lig laat sien wat steeds tot nuwe generasies Afrikaanse lesers bly spreek. Sy verhale beeld nie net die wonder van die buitelewe uit nie, maar ook die broosheid van verhoudings: tussen mens en mens, maar ook tussen die mens en sy omgewing.

Uitspring, Kerels! (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Uitspring, Kerels! (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R58 Discovery Miles 580 Ships in 4 - 8 working days

Wanneer oom Fanie, ’n pa van nege lewenslustige seuns, se plaas te klein word, gee hy die opdrag: “Uitspring, kêrels!”.

Vir die ouer broers wat moet “uitspring” en hul eie potjie moet gaan krap, is hierdie woorde die begin van ’n groot avontuur. Maar om uit te spring is nie vir sommerso nie.

Waar gaan die seuns plase kry? Wat moet hulle op hulle waens laai? En sal hulle alles onthou wat oom Fanie hulle geleer het?

Op Die Klein Spoortjies (Afrikaans, Paperback, Revised edition): P.J. Schoeman Op Die Klein Spoortjies (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
P.J. Schoeman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Wanneer Sakkibiaan, ’n seuntjie van Dorslandtrekkers, wegdwaal van sy familie terwyl hulle deur die Kalahari na Angola trek, maak groot hartseer gou plek vir groot avontuur. Sy pad kruis met dié van twee donker woestynmense en jagmaats: Doemdoempie en Gagaboemboem. Terwyl Doemdoempie met sy mooi hart graag sy nuwe wit broertjie wil help, wil Gagaboemboem met sy swart hart graag biltong van Sakkibiaan maak! Sakkibiaan moet vinnig die geheime taal van die woestyndiere en –insekte leer verstaan om met Doemdoempie kragte saam te span teen Gaggaboemboem en sy bende.

’n Wêreld vol geheimenisse ontvou namate Doemdoempie en Sakkibiaan met hul nuwe familie – waaronder die reuseboomsprinkaan Tjierlabaai, die rooioog-rivierwese Liewenatan en die mak silwerrugjakkals Peppitan – hul vyande moet trotseer en deur die Kalahari trek.

Uiteindelik lei die reis Sakkibiaan op ’n toweragtige pelgrimstog wat bewys: “Vir hulle wat nog nie al die vrae van die lewe kan beantwoord nie, lê daar nog ’n lekker lang pad voor met baie spoortjies daarop.”

Fanie Se Veldskooldae (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Fanie Se Veldskooldae (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 4 - 8 working days

Fanie is nou 14 jaar oud en sy pa besluit dis tyd dat hy die plaasskool moet verlaat en verder in die veldskool moet gaan leer. En die uitdagings van die veldskool raak Fanie soms byna baas - hy moet sommer gou leer om te skiet vir die pot, hy moet die luiperds wat sy pa se skape vang, die skrik op die lyf jaag, hy moet wilde-eende jag op 'n kwaai oom se plaas en hy moet 'n week lank saam met twee Zoeloes in die berge langs die Pongolarivier oorleef. Naas die fisiese uitdagings moet hy ook respek vir ander kulture leer - die Engelse wereld van sy vriendinnetjie Jekkie en haar pa en die Zoeloewereld van sy jagmaats. Hy leer ook hoe delikaat die verhoudings tussen mense en tussen die verskillende natuurdinge is wanneer hy bewus raak van die gevolge van sy optrede teenoor koggelmanders, skerpioene en muishonde.

Uit Die Dagboek Van 'n Wildbewaarder (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Uit Die Dagboek Van 'n Wildbewaarder (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Voordat die veldseun Piet Schoeman wildbewaarder geword het, het hy gedink dat die lewe van 'n wildbewaarder die ene aksie sal wees. Toe hy aangestel word as hoofwildbewaarder van die Etosha-wildtuin in die destydse Suidwes-Afrika, was dit net die plek waar hy sy onbedwingbare avontuurlus kon uitleef. Die gelyk wereld van gras en lae bossies, met orals troppies naderende wild, het vir hom 'n oneindige bekoring ingehou. Wanneer die oop ruimtes roep, kon hy nooit teruggehou word nie. Dit het dit aan hom baie tyd gelaat vir die rustige bestudering van die wild en die natuur. Hy het nooit besef dat die blote waarneming van wild ooit so interessant kan wees as die jagmaak op hulle nie. In hierdie titel openbaar hy die stiller en dieper mens binne om, die dieper mens wat so dikwels alleen in die aand by sy kampvuur sit. Hy kom tot die besef dat die mens in sy diepste wese eensaam is, en bly tot die einde toe. En vir die eerste keer maak hy vrede met homself en kan in die aand rustig gaan slaap.

Drie Jong Jagters (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Drie Jong Jagters (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Fanie, Japie en Piet kan beswaarlik hulle geluk glo toe oom Gert vra of hulle saam met hom mag gaan jag in die Bosveld – en hulle pa sy toestemming gee. Dis soos 'n lewensdroom wat waar word! Die Bosveldervaring beteken groot avontuur! Die seuns kry geleentheid om jag te maak op rietbokke, waterbokke, sebras, vlakvarke en buffels. Fanie laat selfs ’n krokodil sneuwel. Dis voorwaar meer opwindend as die voeljagtogte van vroeer. En wanneer die leeu snags brul, weet hulle: ’n ontmoeting met die koning van die Bosveld is onvermydelik.

Fanie Se Vuurdoop (Afrikaans, Paperback, Revised edition): P.J. Schoeman Fanie Se Vuurdoop (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
P.J. Schoeman
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 4 - 8 working days

Die karakter Fanie het reeds in Fanie se veldskooldae en Fanie word grootwildjagter in almal se harte gekruip. In hierdie boek, die derde in die Fanie-trilogie, neem die outeur die leser op nog ’n boeiende avontuur. Soos in die vorige boeke is daar weer ’n sterk Afrika mens as vaderfiguur. Die Afrikaans-Engels problematiek kom ook weer ter sprake en die Anglo-Boereoorlog is ’n belangrike tema in hierdie verhaal. Verder moet Fanie uiteindelik besluit wie die meisie van sy hart is: Die Engelse nooi Jekkie, of die Boerenooi Soekie?

Van Jagter Tot Wildliefhebber (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Van Jagter Tot Wildliefhebber (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R58 Discovery Miles 580 Ships in 4 - 8 working days

Jag is ’n avontuur wat jou wegvoer van vier mure na die oop ruimtes van groot Afrika en jou laat kennis maak met ontbering en volharding, met lekker spog en lekker eet. En die oog, die kamera en die sakboekie vervang nie in een dag die jagroer nie. P.J. Schoeman se naam was vir geslagte Afrikaanslesers sinoniem met verhale waarin natuurkennis en natuurgevoeligheid saampraat. Vir diegene wat as jong lesers met Schoeman kennis gemaak het, sal die lees van hierdie hersiene heruitgawe ’n nostalgiese ervaring wees – ’n erfenis om aan vandag se jong lesers oor te dra.

Fanie Word Grootwildjagter (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Fanie Word Grootwildjagter (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 4 - 8 working days

Fanie is nou 'n bietjie ouer en sy pa reken dis tyd om hom alleen saam met die Zoeloes op 'n jagtog te stuur. Met 'n splinternuwe jaggeweer oor die skouer vertrek Fanie in die rigting van die Swart-Mfoloz. In die ongerepte Bosveld moet Fanie groot besluite neem: 'n Goeie skoot of regte besluit kan die verskil maak tussen lewe en dood. Hartsake kwel hom ook. Met die moontlikheid van oorlog tussen Boer en Brit wat swaar op sy skouers druk, moet hy kies aan wie sy hart gaan behoort: Die Engelse meisie, Jekkie, of Soekie, 'n Boerenooientjie. Soos die weke in die Bosveld verbygaan, ontluik die wispelturige seun in 'n verantwoordelike jong man.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Efekto Rosecare 3 Ready to Use…
R239 R145 Discovery Miles 1 450
The Walking Dead - Season 1 / 2 / 3 / 4
Andrew Lincoln Blu-ray disc  (1)
R288 Discovery Miles 2 880
Little Big Paw Wet Dog Food (Variety…
R819 Discovery Miles 8 190
Mellerware Swiss - Plastic Floor Fan…
R368 Discovery Miles 3 680
Aquaman 2: The Lost Kingdom - 4K Ultra…
Jason Momoa, Patrick Wilson, … Blu-ray disc R736 Discovery Miles 7 360
Bostik Glue Stick - Loose (25g)
R22 Discovery Miles 220
Rotatrim A4 Paper Ream (80gsm) (500…
R97 Discovery Miles 970
Love Sux
Avril Lavigne CD R185 Discovery Miles 1 850
Docking Edition Multi-Functional…
R1,099 R799 Discovery Miles 7 990
Beautiful Trauma
Pink CD  (3)
R133 Discovery Miles 1 330

 

Partners